Golf

Gholf

Ligbron het ‘n dinamiese span gholfafrigters en- spelers wat Ligbron se naam  as topskool in die streek verseker.  Oefening vind in die gholfakademie op ons skoolgrond plaas en spelers bring weekliks tyd saam op die dorpsbaan deur. Die Flight Scopes in ons akademie is wêreldklas tegnologie waaroor bitter min skole in die land beskik!

Ligbron skryf jaarliks vier spanne in die liga in en het die besonderse prestasie behaal om die afgelope twee jaar, met al vier spanne, die Gert Sibande-liga te wen.

Die spanne word blootgestel aan van die topbane in die land tydens uitstappies en toere en besoek ook jaarliks die World of Golf in Gauteng.