Ligbron hengel is oop vir enige leerling wat belangstel in visvang as 'n buitemuurse aktiwiteit. Ons neem deel aan die Noord-Oos Mpumalanga streekskompetisie en skole liga teen alle omliggende skole wat ook 'n Hengelspan het. Ons hengelaars kwalifiseer ook om jaarliks aan die SA Skole Kampioen van Kampioene deel te neem.