Ligbron Akademie vir Tegnologie se atlete werk baie hard om voor te
berei vir die atletiekseisoen. Die atlete begin reeds in Oktober van
elke jaar met voorbereiding vir die volgende jaar se seisoen, wanneer
hulle aan die Naboomspruit Top 10 Atletiekbyeenkoms en die JJJ Byeenkoms
deelneem. Dit verg baie harde oefening en deursettingsvermoë van elke
atleet. Ligbron neem aan verskeie vriendskaplike atliekbyeenkomste deel
voor die groot Interhoër Uitnodigingsbyeenkoms. Ligbron, Hoërskool
Ermelo, Hoërskool Rob Ferreira, Hoërskool Oosterland, Hoërskool
Middelburg, Heidelberg Volkskool, Hoërskool Lydenburg en HTS Witbank is
die agt skole wat aan die Interhoër deelneem. Atlete en afrigters stel
vir hulself, asook vir die span, doelwitte wat hulle tydens die
Interhoër wil bereik. Ligbron se atletiek groei jaarliks en ons atlete
behaal groot sukses.