Wijeon Mostert en Calvin Clack het die afgelope skoolvakansie aan die 7’s Rugby Bokkieweek Toernooi deelgeneem wat in Pretoria plaasgevind het. Wijeon is ná afloop van die toernooi gekies vir die o/14 SA Bokkiespan en Calvin is gekies vir die o/19 SA Bokkiespan.  Beide hierdie leerders sal vanaf 4 tot 14 Desember, saam met hulle onderskeie spanne na Portugal toer.

RUGBY

Ligbron se rugby in die afgelope jare ongekende sukses beleef. Ons het in die afgelope 4 jaar 28 Mpumalanga kampioene opgelewer.  Die gevolg was dat die Liggie rugby opgeskuif het van Groot Skole na Makro Skole vanaf 2020.  Ongelukkig het COVID 19 verbied dat daar gee rugby vir 2020 plaasvind nie.  Vanaf 2021 gaan die Liggies teen skole soos Hoërskool Eldoraigne, Lichtenburg en Heidelberg Volkskool deelneem.  Hierdie gaan ongelooflike blootstelling beteken vir elke seun wat Ligbron gaan verteenwoordig.  Die Ligbron spanne sluit in o/14A & B, o/15A & B, o/16A & B, 4de, 3de, 2de en eerstespan.  Elke span word afgerig deur uiters bekwame en opgeleide afrigters wat almal ‘n passie het vir die sport.

Ligbron se rugbyspelers word ook die geleentheid gebied om op provinsiale vlak deel te neem en sodoende provinsiale kleure te verwerf.  Provinsiale deelname sluit in Craven Week, Akademiese weke en Bokkieweek.

Ligbron het al verskeie provinsiale spelers opgelewer.


2019

Ligbron rugbyspanne maak geskiedenis

Twee rugbyspanne Virseker Beker Kampioene

Dit was ‘n ongelooflike geseënde rugbyseisoen vir Ligbron Akademie vir Tegnologie.  Ligbron spog vanjaar met die volgende rugby prestasies vir 2019: die Liggies ontvang die algehele Superreeks Rugbytrofeë vir 2019; sewe uit nege van Ligbron se rugbyspanne het as Mpumalanga wenners van die veld af gestap met een Mpumalanga Naaswenner en nou spog die Liggies ook met twee Virseker Beker kampioene en een Virseker Beker naaswenner.  Hierdie prestasie dra alles daartoe by dat Ligbron aangewys is as die beste rugbyskool in Afdeling 2 van die Virseker Beker.

Ligbron se o/14A-, Computer Connection o/16A- en Calstar Group Eerste rugbyspanne by Hoërskool Marais Viljoen in Alberton in die Virseker Beker Finale gespeel.  Die o/14A’s het Hoërskool Secunda in die finaal met 20-0 geklop om as die 2019 o/14A Virseker Beker Kampioene gekroon te word.  Hierdie span het vanjaar nie een wedstryd verloor nie.  Die Computer Connection o/16A’s het teen Hoërskool Pietersburg te staan gekom.  Hulle het van die begin af gewys wie is baas en het hulle opponent met 62-21 gewen.  Die o/16A’s het vanjaar al hulle wedstryde gewen en het in totaal 989 punte tydens die seisoen aangeteken met slegs 179 punte teen hulle.  Die Calstar Group Eerstespan het teen ‘n sterk Pietersburg span te staan gekom.  Beide spanne het hulle alles op die veld gegee en nie vir ‘n oomblik terug gestaan nie.  Die Eerstespan het as naaswenners van die Virseker Beker uit die stryd getree, nadat hulle met ‘n telling van 20-23 van die veld afgestap het.

 

o/14A Virseker Beker 2019 kampioene

Computer Connection o/16A Virseker Beker 2019 kampioene

Calstar Group Eerstespan 2019 Virseker Beker naaswenners

 

3 Ligbron A-spanne rugbyspanne gekroon as Mpumalanga Kampioene

7 MPU kampioene vir die Ligbron rugbyspanne

 

Ná afloop van die Mpumalanga finale het Ligbron Akademie vir Tegnologie nou in totaal 7 Mpumalanga Kampioene vir 2019.  Tydens die Mpumalanga finaal vir B-spannehet 4 van Ligbron se B-spanne as kampioene uit die stryd getree.  Dus het 3 van Ligbron se A-spanne ook in die finaal gespeel en hulle wedstryde beklink om as Mpumalanga Kampioene gekroon te word.  Die o/14A’s het teen Hoërskool Secunda te staan gekom.  Hulle het van staanspoor af die wedstryd oorheers en op die ou end die wedstryd beklink met ‘n pragtige wen-telling van 41-14.  Die Computer Connection o/16A’s  het teen Hoërskool Rob Ferreira gespeel en die wedstryd gewen met ‘n telling van 37-0.  Die Calstar Group Eerstespan het in ‘n uiters spannende stryd teen Hoërskool Secunda te staan gekom.  Beide die spanne het toeskouers op die punte van hulle tone gehad met aanskoulike rugby.  Ligbron het die wa deur die drif getrek en die wedstryd met 17-15 beklink.  Die o/14A, o/16A en Eerste rugbyspanne van Ligbron het alamal as Mpumalanga Kampioene uit die stryd getree en dring deur na die Virseker Beker uitspele in die nommer 1 posisie.  Die Nashua Highveld o/15A’s sal die nommer 3 posisie vir die Virseker Beker uitspele inneem.

 

o/14A

 

Computer Connection o/16A

 

Calstar Group Eerstespan

Drie Ligbron Rugbyspanne deur na Virseker Beker Semifinale

Die o/14A-, Computer Connection o/16A- en die Calstar Group Eerste rugbyspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het die afgelope naweek, Saterdag, 3 Augustus, aan die Virseker Beker Kwartfinale deelgeneem.  Die o/14A’s en die Calstar Group Eerstespan het albei teen Midstream College te staan gekom.  Die o/14A’s het hulle wedstryd oortuigend gewen met ‘n telling van 49-16.  Die Calstar Group Eerstepan het hulle wedstryd ook gemaklik gewen met ‘n telling van 48-7.  Die Computer Connection o/16A’s het teen HTS John Vorster te staan gekom en het kop en skouers bo hulle opponent uitgestaan deur die wedstryd met 41-16 te beklink.  Al drie hierdie spanne dring deur na die semifinale van die Virseker Beker.

3 Ligbron rugbyspanne deur na die Virseker Bekert Kwartfinale

Ligbron Akademie vir Tegnologie se o/14A-, o/15A-, o/16A en eerste rugbyspanne het op Saterdag, 27 Julie aan die eerste Virseker Beker uitspeel wedstryde deelgeneem.  Die o/14A’s het saam met die Calstar Group Eerstespan na Thabazimbi gereis waar hulle teen Hoërskool Frikkie Meyer te staan gekom het.  Die o/14’s het hulle wedstryd oortuigend met ‘n pragtige telling van 40-5 gewen.  Die Calstar Group Eerstepsan het in ‘n ongelooflike spannende stryd gespeel met ‘n wedstryd wat die toeskouers behoorlik aan hulle naels laat byt het.  Met goeie uithouvermoë en ‘n wil om te wen het hulle die wa deur die drif getrek en die wedstryd met ‘n telling van 38-34 beklink.  Die o/16 Computer Connection span het na Ellisras gereis waar hulle teen Hoërskool Ellisras uit gedraf het.  Die Liggies het hulle harte uit gespeel en het hulle opponente op hulle tuisveld met ‘n telling van 26-10 geklop.  Die Nashua Highveld o/15A-span  het op Ligbron se velde teen ‘n sterk span van Hoërskool Dinamika gespeel. Na ‘n klipharde wedstryd  wat behoorlik wipplank gery het, het die Liggies die wedstryd met 12-15 verloor.

Hermanus Steenkamp in aksie tydens die Nashua Highvel;d o/15A’s se wedstryd teen Hoërskool Dinamika.

Skitterende rugby seisoen vir Ligbron spanne

4 MPU kampioene, 1 MPU naaswenner en 3 A-spanne in MPU finaal vir Ligbron rugby

 

Ná afloop van die Mpumalanga semi-finale en finale wat op Saterdag, 8 Junie op Ligbron se velde plaasgevind het, het Ligbron Akademie vir Tegnologie ‘n ongelooflike rugby naweek agter die blad, met 4 Mpumalanga Kampioene, een Mpumalanga Naaswenner en 3 A-spanne wat deur dring na die Mpumalanga finaal,. Rugby het behoorlik geseëvier en dit was duidelik dat elke span hulle alles gegee het en tot die bitter einde baklei het om hulle posisie te beklee.  Die uitslae van die dag is soos volg: o/14A wen 38-0 teen HTS Witbank en dring deur na die finaal teen Hoërskool Secunda; o/14B wen 19-14 teen Hoërskool Secunda en is gekroon as Mpumalanga kampioene; die Nashua Highveld o/15A’s speel gelykop 26-26 teen EHS, EHS teken eerste punte aan en gaan deur as nommer 1 en Ligbron as nr 3; o/15B wen 21-17 teen Piet Retief en word gekroon as Mpumalanga kampioene; die Computer Connection o/16A’s wen 24-7 teen Piet Retief en dring deur na die finaal teen Rob Ferreira; o/16B wen 55-5 teen Piet Retief en word gekroon as Mpumalanga kampioene; die derdespan verloor 10-12 teen Piet Retief  en eindig as Mpumalanga naaswenners; die tweedespan wen 13-7 teen Piet Retief en word gekroon as Mpumalanga kampioene en die Calstar Group Eerstespan wen 35-20 teen EHS en dring deur na die finaal teen Hoërskool Secunda.

o/14B gekroon as Mpumalanga Kampioene

 

o/15B gekroon as Mpumalanga Kampioene

 

o/16B gekroon as Mpumalanga Kampioene

 

Tweedespan gekroon as Mpumalanga Kampioene

Elf Liggies in onderskeie Puma rugbyspanne

Tien rugbyspelers van Ligbron Akademie vir Tegnologie is onlangs in die verskeie Puma rugbyspanne opgeneem. Siyabonga Mnguni, Ntokozo Kunene en Ruan Matthee is in die o/15B Puma-span opgeneem, terwyl Martin Meyer, Monteo Meyer en Kwanele Nkambule in die o/16A Grand Khomo span opgeneem is.  Buhle Mangane en Njabulo Maseko is albei in die o/16 Akademiespan opgeneem.  Xavier Fourie, Alex Fraizer en Rynhard Horn is al drie vir die o/18 Akademiespan gekies.  Dit is vir die Liggies ‘n groot voorreg om hierdie Liggies in die onderskeie Mpumalanga spanne te sien.

 

2018

Leon maak groot naam in twee 7’s rugbyspanne

Leon du Preez, ’n graad 11 leerder by Ligbron Akademie vir Tegnologie is na afloop van die Somer Bokkieweek wat vanaf 2 tot 6 Oktober in Vereeniging plaasgevind het, gekies vir die SA 7’s Rugby Bokkiespan wat vanaf gedurende die Desember vakansie na Spanje sal toer.  Leon is ook gekies vir die Dubai  7’s rugbyspan wat vanaf ook gedurende die Desember vakansie na Dubai sal toer.  Baie geluk met jou pragtige prestasies.

 

 

 

 

 

Liggies val vas in Virseker Beker Semifinaal

Die Comuter Connection o/15A rugbyspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 11 Augustus, dit uitgespook in die Viseker Beker semifinaal teen Hoër Volkskool Heidelberg.  Die span het gesorg vir goeie rugby en alhoewel hulle hul alles gegee het, het hulle ongelukkig die stryd met 17-24 verloor.  Hierdie was ‘n wonderlike voorreg vir die span en die Liggies is trots op hulle uithouvermoë en harde werk gedurende die afgelope seisoen.

 

Ligbron Computer Connection o/15A rugbyspan deur na Virseker Beker Semifinaal

 

Die Computer Connection o/15A rugbyspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 4 Augustus, in die kwartfinaal van die Virseker Beker deelgeneem.  Hulle het teen Hoërskool Dr. Malan uitgedraf en seker gemaak dat hulle behoorlik opskudding veroorsaak met die Blou Masjien Liggie-gees.  Hulle het uitstekende rugby gespeel en het aan die einde van die wedstryd as oorwinnaars uit die stryd getree met ‘n wen-telling van 36-3.

Computer Connection o/15A gekroon as Mpumalanga Grootskole kampioene

Voor sit: Jean-Pierre Groenewald, Richardt Lemmer, Regard Jansen van Rensburg, Njabulo Maseko en Banele Mtshali.  In die 2de ry sit: Bonga Nkonyane, WP Boch (afrigter), Hendrico Jansen van Rensburg, Sias Jacobs, Brendt Jansen van Rensburg, Tiaan Jacobs, Marno Botha en André Louw (afrigter).  In die 3de ry staan: Martin Meyer,Lethu Ngobese, Munashe Dukuswa, Luthando Mndebele, Hubert Terblanche, Jean-dré Goslin, BJ Kritzinger, Peet Marx, Terry Jayaguru, Deacon Pretorius, Kwanele Nkambule en Zander Barnard.  Heel agter staan: Eshan Ndlovu, Montell Meyer, Monteo Meyer en Buhle Mangane.

 

Nathan verkies tot Titans 7’s rugbyspan

Nathan Vinnings, ‘n grad 12 leerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie is onlangs verkies tot die o/18 Titans 7’s rugbyspan wat vanaf 7-13 Julie deelneem aan die Paris World Games wat in Parys, Frankryk plaasvind.  Al tesaam 5 kontinente neem deel aan die Paris World Games en die toernooi beskik oor verskeie sportsoorte soos onder meer rugby, basketball, muurbal, sokker ensovoorts.

Drie Ligbron B-spanne gekroon as Mpumalanga Kampioene

o/14B

tweedespan

derdespan

 

2017

Rugby vs Hoërskool Tuine

Ligbron se telling staan telkens eerste:

0/14 A 49 – 0
0/14 B 53 – 0
0/15 A 59 – 0
0/15 B 47 – 0
0/16 A 18 – 3
0/16 B 20 – 0
3des 24 – 15
2des 36 – 19
1stes 33 – 5


Drie B-spanne gekroon as Mpumalanga Kampioene

Tweedespan

Ligbron se Tweedespan tree as Mpumalanga Kampioene uit die stryd. Voor sit (v.l.n.r.): Philani Zwane, Denzel Mafundla, Pierre van Wyngaard (agterlyn afrigter), Stembiso Msibi, Nicky Broodryk (voorlyn afrigter), Manie du Toit en Luwazu Masuku. Agter staan (v.l.n.r.): Xolani Mngamezulu, Nicky Jansen van Rensburg, Wessel Fick, Ryan Alves, Nathan Vienings, Michael Van der Linde, Pikkie Taljaard, Matthias Johannes, Stefan Stapelberg en GJ Pretorius.

 

 


0/16B

Voor (v.l.n.r.): Mike Ludik, Philemseni Mbokane, Louis Bierman en Lance Smith. In die 2de ry sit (v.l.n.r.): Sanele Nkabinde, Sandile Simelane, Henkie Jacobsz (afrigter), Banda Bong’musa, Dylan Bornmann (afrigter) en Arno de Vries. In die 3de ry staan (v.l.n.r.): Cabang Mbokane, Donnovan Geel, Louis Jordaan, Phako Hlatshwayo, Senzo Sibambo, Maverick Mathebula en Thuthuka Shamse. Heel agter  (v.l.n.r.): Lebogang Monoyane, Thutu Nhangombe, Reynhard Botha, Roux Muller, Francois Keyser en Daniel Beyleveld.

 

 


0/14B

Voor (v.l.n.r.): Francois de Klerk (afrigter), Kamhelo Matela, Lukhele Nkosinathi, Nhipo Starbulberg, BJ Kritzinger, Bhutie Mashinini, Karabelo Lesesa en Deon Ngwenya (afrigter). In die middel staan (v.l.n.r.): Zack Bosman, Brent Jansen van Rensburg, Sithembiso Shongwe, Marno Botha, Stephan Prinsloo, Jean-dré Goslin en Jonathan Robberts. Agter staan (v.l.n.r.): Ethan Morgan, Ben Stapelberg, Willie Boshoff, Siyabonga njathela, Lethanda Ndebele, Tiaan Jacobs, Andile Gina, Bonga Nkonyane, Londa Nkosi, Usyanda Nbabezitha en Peet Marx.


SUPERREEKS WENNERS

Die Eerstespan het in ‘n klipharde stryd seker gemaak dat hulle die nommer 1 posisie beklee en die trofee huistoe bring deur hulle opponente, Hoërskool Brandwag, met ‘n telling van 48-16 te klop.


 Dinamika

Die Eerstespan het Ligbron se naam behoorlik hoog gehou toe hulle die span van Dinamika met ‘n oortuigende telling van 54-5.
Die res van die spanne se tellings is soos volg:
Tweedespan wen met 65-19
o/16A’s wen met 24-12
o/15A’s wen met 19-12
o/14A’s wen met 56-0.


 Wagpos

 

Die Eerstespan het hulle tweede Superreeks wedstryd met 43-0 gewen. Die spelers wat punte aangeteken het is: Siswe Maseko (drie), Sibusiso Sibeko (drie), Mazithulele Nkosi (‘n drie en 4 doelskoppe), Edward Deacon (2 drieë) en Thando Nkosi (drie).
Die res die rugbyspanne se uitslae was soos volg:
Tweedespan wen 43-5
Derdespan wen 22-0
o/16A wen 12-11
o/16B wen 29-12
o/15A verloor 14-41
o/15B verloor 0-29
o/14A wen 44-0 en die o/14B’s wen 57-9.

 


Jan Viljoen

 

Die Eerstespan het hulle wedstryd met 52-5 gewen. Message Nkosi het 6 uit 8 doelskoppe verdoel en die volgende spelers het almal vir drieë gesorg: Edward Deacon (3), Sizwe Maseko (1), Sibusiso Sibeko (1), Johnny Blaauw (1), Njabulo Mahlobo (1) en Hanru Botha (1).
Die res van die rugbyspanne se tellings is soos volg:
Tweedespan wen met 40-0, die o/16A’s wen met 24-0, die o/15A’s speel gelykop met 12 elk en die  o/14A’s wen met 64-5.

 


Superreeks vs Hoër Volkskool Heidelberg

Ligbron skop Superreeks op ‘n hoë noot af, so lyk die uitslae:

Eerstespan wen hulle wedstryd  60-15
Tweedespan wen 48-0
o/16A’s wen 36-7
o/15A’s verloor 0-30
o/15B’s speel gelykop 12 elk
Die John Wright Veneers o/14A’s wen 35-10
o/14B’s wen 24-12.

 24 FEBRUARY 2017

 

24-februarie-2017

 Contact: Mr Andrew Els at 079 189 6341 ( after 14H00 on week days) for more detail.

 

 

Mpumalanga Grootskole Kampioene 2016

Die Eerste span tree as Mpumalanga kampioene uit die stryd, nadat hulle Secunda met 27-20 in die eindstryd gewen het.

13680035_1755079724772989_3315030379769012130_o

File 2016-06-20, 12 56 07

https://youtu.be/vyKzFIPPxl8


0/16 A: Mpumalanga Grootskole Kampioene 2016

Die 0/16 A-span verslaan Standerton 26 – 18 in die finaal om as Mpumalanga Kampioene gekroon te word.

13731783_1755076331439995_8415683845239790458_o


Beeldtrofee semi-finaal

En so kom ‘n droomseisoen tot ‘n einde nadat Helpmekaar die wedstryd 27 -17 wen.

Ligbron is met reg trots op die 1ste span wat een van die 4 Top rugbyspanne in die Beeldtrofee-kompetisie is.

To the Gr 12’s – this was the last match of your school career. You were noodle-legged little boys in Gr 8, but you grew into beautiful , strong young men who have made the supporters so proud!
You were tried and tested through the years and came through for your school and your team.

You have forged friendships and fond memories here that will remain with you in your adult life.
You have lived our motto : “Facta Non Verba”
We salute you !

Beeld semifinaal (1)


Ligbron 2de span: Mpumalanga wenners 2016

Die Liggies verdien die trofee nadat hulle HTS Witbank met 20 – 8 in die finaal klop!

Tweede span

 

 


 

Ligbron 3de span rugby: Mpumalanga wenners 2016

Die Liggies klop HTS Witbank in die finaal met 12-8 om as wenners gekroon te word.

Ligbron Akademie Vir Tegnologie 1's photo.

 


 

Ligbron 0/16 B- rugbyspan: Mpumalanga wenners 2016

Die Liggies wen die provinsiale finaal deur vir Standerton met 14 – 6 te wen.

Ligbron Akademie Vir Tegnologie 1's photo.

 13730897_1755078858106409_1734986599884788015_o 13725069_1755076278106667_1409953179747454144_o 13710617_1755075884773373_3826768707971990443_o

Beeld semifinaal (2)13422466_1737248369889458_6970106158229748163_o13416826_1737241843223444_2878826103395004223_o13692863_1755079064773055_2303267845797828779_o

 

13416824_1737248773222751_6049079964377741325_o

13418426_1737244126556549_2076817079453013564_o

 

 

 
 

 

2015 RESULTS

 

SUPER SERIES

Ligbron has done it again! Ligbron won the Super Series.

Ligbron won the Overall Rugby Trophy for the best rugby school in Super Series.

 

Ligbron First Team vs Tuine: 3-3

Ligbron Second Team vs Brandwag: 22-5

U/16A Ligbron vs Secunda: 17-7

U/15A Ligbron vs Secunda:  0-22

U/14A Ligbron vs Wagpos: 17-0

 


 

 

 

SA Bokkie Team:

Marnus Scheepers (Under 19)

Edwin Deacon (Under 16 Sevens)

Bernard du Plessis (Under 16 Sevens

Leon du Preez (Under 14)

SPECIAL AWARDS
Best Rugby Progressing Player : Ruben Byleveldt
Best Forward in 1st Team : Sheldon du Preez
Best Junior Achiever : Leon du Preez
Best Perfomance Senior Players : Marnus Scheepers
Best Back Player 1st Team : Buks de Bruyn

 

 

 

2014 RESULTS

 
SPECIAL AWARDS
Best Rugby Progressing Player : Armand Helmuth
Best Forward in 1st Team : Barnard Haring
Best Junior Achiever : Christo Willemse
Best Perfomance Senior Players : Muller Joubert
Best Back Player 1st Team : Carl Jacobsz
MPUMA FINALS
3rd Team: won 22 – 5 (H/S Piet Retief)
U/15B : won 12 – 10 (H/S Lydenburg)
 
PUMA QUARTER AND SEMI FINALS
 
A-Teams Qualified for Semi-Finals 
1st Team: Won 25- 0
U/16A : Won 30 – 6
U/15A : Won 55 – 5
 
B-Teams Qualified for Finals
3rd Team : Won 22 – 0
U/15B : Won 25 – 5
 

Derby

 

 

EIGHT OUT OF NINE FOR THE LIGGIES

Ligbron Academy of Technology manages to have a victory over the Erries for the second consecutive year. Eight out of nine teams won.

The scores were as follows, with Ligbron scores first :

U/14A  :  10 – 7

U/14B  :  44 – 0

U/15A :  22 – 9

U/15B  :  61 – 0

U/16A  :  15 – 7

U/16B  :  24 – 5

3rd Team  :  51 – 0

2nd Team :  19 -23

1st Team  :  13 – 0

The John Wright Veneers 1st Team

 

 

This year Ligbron Rugby took the Cup in the Super Series!!

SUPER SERIES

 

 

U/14 Ligbron Team vs Pionier :- 7 – 10

U/15 Ligbron Team vs Tuine :- 19 – 17

U/16 Ligbron Team vs Dinamika :- 15 – 24

Ligbron Second Team vs Pionier :- 15 – 15

Ligbron First Team vs Brandwag :- 15 – 13

 

Photo: The Ligbron 1st Team celebrating their victory of 15-13

 

 

 

DSC_0700

Photo: Mr Dup van Rensburg with the trophy for overall winners of the Super Series

 

DSC_0698

 

 

 

2013 REVIEW

 

This year Ligbron Rugby was overall second in the Super Series!!

MPUMALANGA LEAGUE FINALS

Five Ligbron teams won

2nd Ligbron Rugby Team won 18-0 against EHS

3rd Ligbron Rugby Team won 22-0 against EHS

Ligbron U/16B team won 17-7 against H / S Hoogenhout

Ligbron U/15B team won 8-3 against H / S Piet Retief

Ligbron U/14B team won 24-17 against H / S Secunda

 

BEELD TROPHY SEMI FINALS

Ligbron U/15A team

Ligbron U/14A team

 

BOKKIE PRESIDENT TEAM

Sheldon du Preez (GR 10) were elected for this prestigious team. They toured to Kenya during September.

 

DERBY RESULTS

For the first time in History the Liggies 1st Team won against EHS on their own homefields. The following Ligbron teams also won:

U/14A: 38-0

U/15A: 44-3

U/15B: 44-0

3rd Team:  29-7

2nd Team  12-7

The U/14B & U 16B teams received points as the Erries couldnt provide teams.

 

INDIVIDUAL AWARDS

Best Progress in Rugby : Marcelle Wallace

Best First Team Backline Player: Ebenhaezer Sibeko

Best Forward Player in the 1st Team: Bernardus Haring

Best Junior Player: Sheldon Du Preez

Best Senior Player: Ayanda Manzini

 

 

2012 OORSIG

SUPERREEKS POELWEDSTRYDE

Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugbyspanne het uitstekende rugby gespeel tydens die Superreeks van 2012.  Die Liggies het algeheel 2de geëindig in die kompetisie, slegs twee punte agter die wenners, Hoërskool Pionier.  In die finaal eindig die Eerstespan 2de, die O/16`s eindig 6de, die O/15`s eindig 5de en die O/14`s eindig 2de.  Hier volg die telling van elke wedstryd:

Ligbron vs Brandwag

Eerstespan wen 34-26, Tweedes verloor 3-26, Derdes wen 22-12.  O/16 A verloor 12-15, O/16 B verloor 0-7, O/15A wen 28-11, O/15 B verloor 12-17, O/14 A wen 14-0 en O/14 B verloor 3-19

Ligbron vs Die Wilgers

Eerstespan wen 13-3, Tweedes wen 22-0, O/16A wen 22-0; O/15A verloor 15-19 en O/14A wen 39-0.

Ligbron vs Hoërskool Tuine

Eerstespan wen 17-11, Tweedes speel gelykop 15-15, Derdes wen 22-0, O/16A verloor 8-21, O/16B wen 12-10, O/15A wen 5-3,  O/15B wen 22-0, O/14A wen 36-0 en O/14B wen 38-0

 

Ligbron vs Hoërskool Gerrit Maritz

Eerstes wen 22-10, Tweedes verloor 5-19, Derdes verloor 17-19, O/16A wen 33-5, O/16B wen 60-0, O/15A wen 50-0, O/15B wen 32-0, O/14A wen 41-0 en O/14B wen 43-5

 

Ligbron by HTS Tuine: Superreeks Semi-finaal

Eerstes wen HTS Tuine 20-8 en speel uit vir posisie 1 of 2

Tweedes wen Hoërskool John Vorster 32-0 en speel uit vir posisie 9 of 10

O/16A wen HTS Tuine 11-7 en speel uit vir posisie 5 of 6

O/15A wen Hoërskool Dinamika 22-10 en speel uit vir posisie 5 of 6

O/14A wen Generaal Hertzog 24-12 en speel uit vir posisie 1 of 2

 

Ligbron by Hoërskool Brandwag – Superreeks finaal

Eerstes verloor 8-3 teen Hoërskool Pionier en eindig algeheel 2de

O/16A verloor hul wedstryd teen Hoërskool Pionier en eindig algeheel 6de

O/15A wen hul wedstryd teen Hoërskool Tuine en eindig algeheel 5de

O/14 verloor hul wedstryd teen Hoërskool Dinamika en eindig algeheel 2de

 

LIGGIES WEN 8 UIT 9 IN PLAASLIKE DERBY

 

Ligbron Akademie vir Tegnologe het Hoërskool Ermelo gepak op hul tuisvelde tydens die jaarlikse derby.  Die Liggies het die dag behoorlik beïndruk deur 7 uit die 9 wedstryde oortuigend te wen.  Die tellings lyk soos volg:

14A wen 41-0; 14B wen 31-O; 15A wen 20-7; 16A wen 44-0; 16B wen 34-0; 3des wen 16-12; 2des wen 25-22 en die Eerstespan verloor 17-40.

 

 

RUGBY – MPUMALANGA GROOTSKOLE LIGA 2012

 

Die Liggies het tydens 2012 se Grootskole liga 3 Mpumalanga wenners sowel as 3 naaswenners opgelewer uit `n total van 9 spanne.  Die O/16A, O/16B en O/14B spanne het die finaal gewen terwyl die O/14A, 2de en 3de spanne die naaswenners was.

Die Eerstespan speel in die semi-finaal gelykop teen Standerton 22-22,  maar verloor die wedstryd 29-22 in ekstra tyd, Standerton het ook die Beeld Trofee gewen vir 2012.

Die O/16A span het ook in die Semi-finaal van Beeld gespeel en onder die Top 4 geëindig in die Beeld trofee vir Grootskole.

Ligbron vs Standerton

Eerstespan verloor 28-16, Tweedes gelykop 15-15, Derdes wen 13-10, O/16A, O/15A en O/14A verloor almal met onderskeidelik 1,2 3n 3 punte.  O/16B wen 20-7, O/15B wen 44-0 en O/14B wen 28-5

 

Ligbron vs Volksrust

Eerstespan wen 27-6, Tweedes gelykop 10-10, O/16A wen 13-0, O/15A verloor 5-37, O/15B verloor 5-23, O/14A wen 37-7 en O/14B wen 42-0.

Ligbron vs Hoogenhout

Eerstespan verloor 19-13, Tweedespan wen 20-12, Derdespan wen 45-5,  O/16A wen 23-0,  O/16B wen 33-0,  O/15A wen 25-22,  O/15B wen 19-12,  O/14A wen 22-20 en O/14B speel gelykop 10-10

Ligbron vs EHS

Eerstespan verloor 17-40, 2des wen 25-22, 3des wen 16-12, 4des verloor 7-22, 16A wen 44-0, 16B wen 34-0, 15A wen 20-7, 14A wen 41-0 en 14B wen 31-O

Ligbron in Uitspele

Al 9 spanne haal die uitspele, Ligbron is die enigste skool in Mpumalanga wat dit kon regkry!

Eerstespan wen Rob Ferreira 37-19

O/16A wen Generaal Hertzog 50-0

O/15A verloor teen Lydenburg 5-19

O/14A wen Gereraal Hertzog 27-0

 

Ligbron in Semi-finale

Eerstes verloor teen Standerton 29-22 nadat ekstra tyd toegeken is omdat die spanne 22punte elk gelykop gespeel het.

Tweedes wen Rob Ferreira 29-14

Derdes wen Lydenburg 25-12

O/16A wen Secunda 23-7

O/15B verloor teen Secunda 8-12

O/14A wen Secunda 17-7

O/14B wen Rob Ferreira 24-12

 

Ligbron in Finale

Tweedes verloor teen Standerton 29-5

Derdes verloor teen Standerton 11-17

O/16A wen Standerton 31-25

O/16B wen Standerton 3-0

O/14A verloor teen Standerton 0-8

O/14B wen Secunda 23-7

Beeld Trofee vir Grootskole

Kwart-finaal

O/16A wen Overkruin 39-12

Semi-finaal

O/16A verloor teen Transvalia 15-9

 

ELF PUMAS EN NEGE BOKKIES UIT LIGBRON RUGBY STAL

 

Daar is elf Ligbron seuns wat vanjaar die Puma trui oor die kop trek om hulle provinsie se naam hoog te hou.  Nomfundo Mposula en Stephan van Heerden, albei in die O/18 Akademie span, Gift Mabaso, Moses Pedro, Mpumulelo Gina, Lukas Backeberg en Wandile Nkosi is in die O/19 spanne opgeneem.  Eon Buhrman, Burger Kriel, Johnno Lloyd en André Matthews is in die Onder 16 spanne opgeneem.

Elandré Botha en Christo Lategan trek die O/19 Hoëveld Bokkietrui aan.  Carl Jacobsz en Bernardus Haring, die Onder 16 trui en Arno van der Merwe, HP Potgieter, Andrew Buhrman, Marcus Mostert, Marius Vermeulen, Willie de Jager en Janco Gates die O/14 Hoëveld Bokkietrui.

 

Rugby

2011 REVIEW

 

Ligbron produced (12) twelve Puma players. Mpumulelo Gina and Wandile Nkosi were included in the Craven Week Team. Nomfundo Mposula and Stephan van Heerden were included in the Grant
Komo-Team.  Thabang Nkosi, Gift Mabaso,
Lunga Shabalala, Lukas Backeberg, Moses Pedro and Ronald Jele were included in the Academical Team.  Estian Marx and Christo Lategan were included in the U/16 Academical Team.

2010 REVIEW

 

The 1st Team won the Amajuba Rugbyweek

The 1st Team also played in the finals of the Super Series against

Hoërskool Brandwag.

The Under 14B Team  won the Mpumalanga Trophy.

The Under 14B, 15B and Under 16B-teams all finished in Mpumalanga Finals.

Best Back Line Player of the Year: Thabang Nkosi

Best Front Line Player of the Year: Fanele Mdluli

Best Senior Rugby Achievement of the Year: Arnold Pretorius

Best Junior Rugby Achievement of the Year: Mfundo Mposulo

 

 

 ————————————————————————————————————————

 

For any enquiries, please contact Mr Kobus Stander, Director Sport, at 082 332 1097