Ligbron E-sport
Die E-sport (aanlyn rekenaarspeletjie liga) maak groot opslae in Suid-Afrika en Ligbron Akademie vir Tegnologie voel dat dit ʼn nuwe stap is vir ons leerders en hul toekoms. Ligbron neem huidiglik deel aan die High School E-Sports Liga (HSEL) waar daar plus minus 30 skole van reg oor die land betrokke is. Rekenaar speletjies soos FIFA2019, Overwatch, Dota 2, Counter-Strike Global Offensive(CS-GO), league of legends (LOL), Fortnight en Rocket League word op ‘n weeklikse basis gespeel, teen die ander deelnemende skole. E-sport bied die geleentheid om leerders te betrek om iets vir hulle skool te kan doen op ‘n ander vlak as net die normale. Die leerders geniet E-sport en ontvang ook gereeld afrigting voordat hulle aan kompetisies deelneem.
2019
Ligbron E-sport spanne goed op dreef
Ligbron se Dota 2 span is huidiglik algeheel 2de, met Paul Roos Gimnasium A in die 1e plek en Westville boys High in die 3de plek. Die CS-GO A span van Ligbron is 4de in hulle poel en die B-span 6de. Elke span moet nog aan drie wedstryde deelneem voordat die eerste liga afgehandel is. Die tweede en laaste liga vind eers week in die 3de kwartaal plaas. Die finale gaan in die September skoolvakansie by die ‘Comic Con’ uitstalling in die Gallaghar Convention Centre te Midrand plaasvind. Die Liggies hoop dat van ons spanne sal dring deur na die finale.
Ligbron E-sports span dring deur na VS Gaming High School E-sports League finale
Die Dota 2 E-sport span van Ligbron Akademie vir Tegnologie sal vanaf Vrydag tot Sondag, 11 tot 13 Oktober, by die Maverick Gaming Centre in Sandton deel neem aan die finale VS Gaming High School E-sports League. Die span maak graag van die geleentheid gebruik om RE Accounting and Services PTY LTD te bedank vir hulle pragtige hemde, asook vir Speedyroof en Fantech wat die kostes van hulle verblyf dek. Baie sterkte met julle wedstryde.