Ligbron
  • About us
  • News
  • Events
  • Contact us
Search
  • Inligting
    About us
    • Fasiliteite
      Facilities
    • Welcome
      Welkom
    • Nuus
      News
    • Gebeure
      Events
    • Galerye
      Galleries
    • Reünies
      Reunions
    • Geskiedenis
      History
    • in Memoriam
      In Memorium

    • Missie, visie en waardes
      Mission, vision and Values
  • Tegnologie
    Technology
    • E-Leerstelsel Projekte
      E-Learning Project
      • Oor die projek
        About the project
      • Project background
      • Project rationale
      • Project scope
      • Project objectives
      • Participating schools
      • Opening of e-learning project
      • e-Learning classes
      • Distance learning projects
      • Project awards
      • References
    • In die klaskamer
      In the classroom
  • Vir Ouers
    For Parents
    • Boekwinkel
      Book store
      • Pryslys
        Price list
      • Pakkette
        Packages
    • Personeel
      Personnel
    • Ligbron Span
      Ligbron Team
    • Beheerliggaam
      Governing body
    • Bus roetes
      Bus routes
    • Koshuis
      Hostel
    • Onderrigfooie
      Tuition fees
    • Gedragskode
      Code of Conduct
  • Vir Leerders
    For Learners
    • Akademies
      Academics
    • Kleredrag
      Dress code
    • VLR
      LRC
    • Skoollied
      School anthem
    • Skoolreels
      School rules
    • Gedragskode
      Code of Conduct
    • Top 10
    • Meer…
      More…
      • Develop better concentration while studying
      • How attitude affects grades
      • How to study
      • Memorizing Vs Understanding
      • Sleep and your brain
      • What are your chances of success
      • When motivation is a problem
      • Why we forget
  • Aktiwiteite
    Activities
    • Sport
      • Atletiek
        Athletics
      • Rugby
      • Krieket
        Cricket
      • Hokkie
        Hockey
      • Netbal
        Netball
      • Gholf
      • Gymnasium
      • Prysskiet
        Target shooting
      • Landloop
        Cross country
      • Skaak
        Chess
      • Tennis
    • Kultuur
      Culture
      • LCA-Ligbron Christian Action
      • Mr. and Ms. Liggie
      • Koor
        Choir
      • Finessweek
        Finesse Week
      • Musicals
      • Redenaars
        Oratory
      • Debate
      • Landsdiens
      • Drama Club
      • Youth week
      • ATKV Tienertoneel
      • Cultural Evening
      • Verbis
  • Leerders Ondersteuning
    Learner Support
    • Studente Sentrum
      Student Centre
    • Lees en Leer Kliniek
      Reading and Learning Clinic
    • Krieket akademie
      Cricket Academy
    • VLR kampe
      LRC Camps
    • Graad 10 kampe
      Grade 10 Camp
    • Rugby kliniek
      Rugby Clinic
    • Leierskapsontwikkeling
      Leadership development
    • Menslike hulpbronne
      Human resources
    • Liggie jol
    • Ondersteuning Sentrum
      Support centre
    • Manager
    • Youthworker
  • FAQ
    Vrae
  • Kontak ons
    Contact us
    • Aanwysings
      Directions
  • Apply Online
    Aanlyn Aansoek
    • Apply Online
      Aanlyn Aansoek
    • Pay Online
      Betaal Aanlyn

CRICKET

Ligbron cricket is a very competitive sport in the school. We compete in the A-league, as well as the Coca Cola Pro20 Series and have produced many winning teams. We are proud to announce that the school has a very well-equipped Cricket Academy on the school premises, which is of a huge advantage to the learners who love this sport and wish to learn more. This Academy is managed by professional coaches. Our players are given the chance to achieve provincial colours and participate in several cricket weeks. Ligbron has a first an second girls team. Ligbron offers yearly an interim cricket series during the first and second quarters for learners who do not participate in winter sports. This gives them the opportunity to socially interact by playing cricket. The series is managed by the learners – referees and score-holders come from the learners. Learners are being encouraged to attend courses offered by the Union.

Games are played on:

U/14 & U/15 – Thursdays

1st, 2(A) & 2(B) – Saturdays

Girls 1st  – Tuesdays

 

2019

Ligbron eerste krieketspan skop Coke T20 reeks met ‘n wen in die sak

Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste krieketspan het op Woensdag, 29 Januarie in hulle eerste COKE T20 wedstryd teen Hoërskool Secunda te staan gekom.

Secunda kolf eerste en teken 124 lopies vir 9 na 20 boulbeurte aan. Ligbron se boulers wat uitgestaan het was: Levuna Khubeka wat 3 paaltjies vir 16 lopies neem, Wynand Moolman wat 2 paaltjies vir 15 lopies neem en Ruben Herbst wat 2 paaltjies vir 20 lopies neem. Ligbron se kolwers gaan Secunda se telling verby met die laaste bal van die dag met 7 paaltjies plat. Kolwers van Ligbron wat uitgestaan net was: Sean Roodt met 35 lopies, Hendrico Jansen van Rensburg met 31 lopies en Wynand Moolman met 21 lopies.

Ligbron wen die wedstryd met 3 paaltjies. Die span se volgende Coke T20 wedstryd sal op Woensdag, 5 Februarie op Ligbron se tuisveld teen Hoërskool Middelburg plaasvind.

Ligbron meisies maak skoonskip

 

Ligbron Akademie vir Tegnologie se Eerste meisies krieketspan het op Woensdag, 5 September teen Hoërskool Ermelo se eerstespan op EHS se velde gespeel.  Ligbron wen die loting en stuur EHS in om eerste te kolf.  EHS teken 85 lopies aan.  Ligbron neem daarna die kolf op en gaan EHS telling in die 10de boulbeurt verby. Ilené van der Walt word aangewys as die speler van die wedstryd nadat sy 3 paaltjies geneem het en 34 lopies (nie uit nie) aangeteken het.  Ligbron wen die wedstryd met 6 paaltjies.

Ligbron dogters krieketspanne behaal gemengde welslae

Die eerste- en tweede dogters krieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Woensdag, 15 Augustus, onderskeidelik teen Hoërskool Oosterland en Standerton gespeel.  Die eerstespan tuis gespeel en die tweedespan het in Standerton gespeel.  Die eerstes het die loot gewen het Oosterland in gestuur om eerste te kolf.  Oosterland haal 85 lopies na 20 beurte.  Amanda Turner staan uit onder die boulers met 4 paaltjies vir 25 lopies.  Ligbron neem daarna die kolf op en gaan Oosterland se telling in die 9de boulbeurt verby met

Ilené van der Walt wat 33 lopies behaal het.  Ligbron wen die wedstryd met 8 paaltjies.  Die tweedespan het teen Hoërskool Standerton se eerstespan gespeel en was eerste ingestuur om die kolf op te neem.  Die Liggies behaal 132 lopies na 20 boulbeurte met 3 paaltjies plat.  Standerton neem die kolf op en teken 135 lopies na 13 boulbeurte vir die verlies van 2 paaltjies.  Nicole Saaiman teken 9 lopies vir die verlies van 1 paaltjie aan. Ligbron verloor die wedstryd met 8 paaltjies.

Ligbron eerste- en tweede dogters krieketspanne sê mekaar die stryd aan

Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste dogters krieketspan het op Woensdag, 31 Julie, teen Ligbron se tweede dogters krieketspan te staan gekom as deel van hulle liga verpligtinge.  Beide die spanne speel in dieselfde liga.  Die eerstespan wen die loot en stuur die tweedespan in om eerste te kolf.  Na die 13de boulbeurt het die eerstespan die tweedes almal uit geboul vir 54 lopies.  Vayda Coetzer neem 4 paaltjies vir 15 lopies teen haar.  Die eerstes neem daarna die kolf op en gaan die tweedespan se telling in die 6de boulbeurt verby. Jacolien du Preez het 29 lopies vanaf 14 balle gemoker.  Die eerstespan wen die wedstryd met 9 paaltjies.

Ligbron krieketspan eindig 4de in Mpumalanga

Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 23 Februarie na Penryn College in Nelspruit vertrek vir die uitspele van die T20 Coca-Cola krieketreeks se finale.  Die Liggies kom Saterdagoggend in die kwart-finaal teen HTS Middelburg te staan.  Ligbron verloor die loot en word gevra om eerste te boul.  Al ons boulers bring hul kant deur slegs 5 wye balle in die toegelate 20 boulbeurte te boul. Ruben Herbst neem 2 paaltjies vir 14 lopies, Hendrico Jooste neem ook 2 paaltjies vir 17 lopies, Jean-Paul Labuschagne neem 1 paaltjie vir 17 lopies en Mark Niebuhr neem 1 paaltjie vir 19 lopies.  Ons boulers beperk HTS Middelburg tot 126 lopies in hul toegelate 20 boulbeurte.  Ligbron se eerste paaltjie val met die telling op 8 lopies. Hendrico Jooste (24 lopies) Mark Niebuhr (22 lopies) en Sean Roodt met ‘n skitterende 58 lopies (nie uit nie) van slegs 38 balle, sorg dat die Liggies Middelburg se lopies in 16.1 boulbeurte verbysteek en die Leary-finaal met 6 paaltjies wen.  Die daaropvolgende dag, Sondag, 24 Februarie, kom Ligbron in die semi-finaal teen Bergvlam te staan.  Ligbron verloor die loot en word ingestuur om eerste te kolf op ‘n moeilike kolfblad.  Die Liggies verloor hul eerste paaltjie op 4 lopies.  Ruben Herbst (22) en Mark Niebuhr (16) skop vas en ons word uitgeboul in die 16de boulbeurt vir 90 lopies.  Ligbron boul en begin goed deur Bergvlam se eerste drie paaltjies vir 32 lopies te laat kantel.  Mark Niebuhr neem 3 paaltjies vir 17 lopies, Hendrico Jooste neem 2 paaltjies vir 13 lopies en Jean- Paul Labuschagne neem 2 paaltjies vir 17 lopies.  Beide Mark en Jean-Paul het op ‘n driekuns gestaan.  Bergvlam wen die taai wedstryd vanaf die 3de laaste bal met net 2 paaltjies staande.   Hierna speel Ligbron teen Lydenburg om die 3de plek in die Mpumalanga Coca Cola T20 reeks te beklee.   Ligbron verloor die loot en word ingestuur om eerste te kolf.  Ons openingskolwer word vanaf die eerste bal uitgevang en ons is onmiddellik in die knyp.  Twee van ons top kolwers verloor hul paaltjies met die telling op 16 lopies.  Ruben Herbst veg hardnekkig voort tot hy met sy telling op 47 uitgevang word.  Sifiso Manana 13 lopies (nie uit nie) ondersteun Lourens Nolte wat ‘n allemintige 26 lopies van net 9 balle af moker om die telling tot 132 lopies vir die verlies van 7 paaltjies te neem.  Lydenburg verloor hul eerste en tweede paaltjie met hul telling op 28 lopies toe Sean Roodt in sy eerste boulbeurt 2 paaltjies direk na mekaar neem.  Sean herhaal homself en neem weer 2 paaltjies in sy 2de boulbeurt met Lydenburg se telling op 34 lopies.  Ongeag sy 4 paaltjies vir net 22 lopies gaan Lydenburg ons telling verby met 2 boulbeurte oor en 6 paaltjies plat. Lydenburg wen dus met 4 paaltjies en Ligbron eindig 4de in Mpumalanga se T 20 krieketreeks.  Dankie aan elk ouer vir beide dae se ondersteuning langs die veld.

Twee Liggies gekies vir finale Mpumalanga krieketproewe

Twee Liggies, Ruben Herbst (links) en Sean Roodt (regs) is gekies om aan die finale rondte van die o/17 Mpumalanga Krieketproewe deel te neem.  Die proewe sal tydens die naweek van 6 tot 8 September by Hoërskool Rob Ferreira plaasvind.


2018

T20- finaal

Die Liggies het op 15 Februarie 2018 deelgeneem aan die Mpumalanga T20 finale te Emalahleni. Drie skole se 1ste spanne neem deel aan die uitspele: Ligbron, Lydenburg en Cambridge.
In die 1ste wedstryd van die dag speel Ligbron teen Cambridge en verloor met 11 lopies. Ligbron speel daarna teen Lydenburg ,wat ook 2017 se T20 kampioene was, en verloor met 88 lopies. Ebrahim Timol was die uitblinker met die kolf met 31 lopies.
Die bouler vir die dag was JP Austin met 2 vir 20. Ligbron eindig 3de in die Mpumalanga T20-reeks en wen daarmee R5000 wat deur die Mpumalanga Krieket Unie geborg word.


 Thando Nkosi (o/19), Ruben Herbs en Sias Jacobs ( 0/15) is deur na finale Mpumalanga krieketproewe.


 Ligbron 6-aan-‘n-kant krieketwedstryde skop af

 


2017

 

 Bakker Gr10B_Hanco

Hanco Bakker is gekies vir die (o/19) SA Bokkie Krieketspan wat op 4 Desember 2016 na Mauritius vertrek vir ‘n toernooi.


1ste Span

Die 1ste span het Saterdag 10 September teen H/S Evander te staan gekom. Uitstekende boulwerk deur die Liggies beperk Evander tot slegs 82 lopies (almal uit) in 27.1 boulbeurte.
Ligbron gaan die telling verby in die 16de boulbeurt met slegs 2 paaltjies plat.
Hanco Bakker teken die meeste lopies aan, 34 (n.u.n)

dsc_0516
dsc_0517

 


Tweede Span

Die tweede krieketspan het op Saterdag, 24 September, teen Hoërskool Ermelo op EHS se tuisveld gespeel. EHS het eerste ingegaan omte kolf en het 164 lopies (almal uit) na 26.1 boulbeurte aangeteken.  Rassie le Roux het uitstekende boulwerk gelewer met 5 paaltjies vir 13 lopies in 8.8 boulbeurte.  Die Liggies het daarna die kolf opgeneem en met ‘n goeie vennootskap van Jan Bosman en Willie Beck het hulle 46 lopies tussen hulle aangeteken.  Die Liggies het EHS se telling in 24.2 boulbeurte verbygegaan met ‘n verlies van 5 paaltjies.  Die beste kolwers was Willi Beck met 36 lopies, Conrad Dinkelman met 28 lopies en Stefan Horn met 28 lopies (nie uit nie).  Ligbron het EHS met 5 paaltjies geklop.

Tweede span

Voor sit Musa Mbokane
Middel Calvin Clack (links) en Stefan Horn (regs)
Agter staan (v.l.n.r.): Anton Bakker (afrigter), Marco Coetzee, André da Silva, Willie Beck, Conrad Dinkelman, Carel Visagie, Rassie le Roux, Jan Bosman, Franco Coetzee en Erich Benecke (afrigter).

0/15 Krieketspan is Mpumalanga Naaswenners

14715532_1801055696842058_1709246993662136541_o

Baie geluk aan hierdie span wat vir die tweede agtereenvolgende jaar in die Mpumalanga Finaal meegeding het.

Liggie-dogterskrieket klop Secunda

Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste dogterskrieketspan het op Dinsdag, 2 Augustus, in hul tweede ligawedstryd teen Secunda 2 te staan gekom.

Ligbron het die loot gewen en besluit om eerste die kolf op te neem. Secunda kon slegs drie paaltjies in 20 boulbeurte plat trek, waarin Ligbron 128 lopies aangeteken het.

13680185_1758899277724367_4476025819323953683_o

2015

 

Krieketverslag van die 2015 seisoen / Cricket Report 2015 Season

1ste Span/1st Team

Ons het vir die 1e keer TWEE EERSTE spanne in die liga ingeskryf. Dit het verseker dat (meer) spelers wat dalk nie die 1e span kon haal nie wel in dieselfde liga en teen dieselfde gehalte spelers kon meeding.

Die “1ste A” span (Afrigters: Andre Louw, Corrie Swart en Nickey Broodryk) het  al hul wedstryde in die liga gewen en deurgedring tot die finaal van Gert Sibande (maar ongelukkig teen EHS verloor) en is dus Gert Sibande Naaswenners.

Die “1ste B” span (Afrigters WP Bosch en Heinrich Burmeister) het 2 van hul wedstryde gewen, 2 verloor en een het uitgereën.

Ligbron had TWO FIRST teams in the league for the very 1st time. This was to ensure that more players had the opportunity to compete in the same league against the same quality players.

The “1st A” team (Coaches: Andre Louw, Corrie Swart and Nickey Broodryk) won all their matches in the league but unfortunately lost against EHS in the final Gert Sibande Match. They ended Gert Sibande runners-up.

The “1st B” team (Coaches: WP Bosch and Heinrich Burmeister) won two of their matches, lost two and one match were discontinued due to rain.

3e Span/3rd Team

Weens ons TWEE 1e spanne het ons 3e span in die 2e liga gekompeteer (dieselfde as verlede jaar) en drie van hul ses wedstryde gewen. (Afrigters: Gerhard Prinsloo & Anton Bakker) Dank aan die Afrigters wat goeie grondwerk gedoen het.

Due to our TWO 1st teams, the 3rd team competed in the 2nd league (the same as last year) and won three of their six matches. (Coaches: Gerhard Prinsloo & Anton Bakker) Word of thanks to the couches doing good ground work!!

0/15 spanne/U/15 Team

Twee 0/15 Spanne neem deel aan die Liga

O/15A Span – Wenners van die Gert Sibande Streek (Afrigter : Shaun Steenkamp)

Verloor teen Curro Nelspruit in die Mpumalanga Semi-Finaal

O/15B Span –  Wen Secunda

Two U/15 teams participating in the league

U/15A team – winners of the Gert Sibande Region (Coach: Shaun Steenkamp)

Lost to Curro Nelspruit in Mpumalanga Semi-Finals

U / 15B team – Win Secunda

0/14 Span/U/14 Team

Wen 7 wedstryde, speel gelykop met Secunda

Gert Sibande Wenners

(Afrigters: Pierre van Wyngaard & Andrew Els)

Mpumalanga Finaal: verloor @ HTS Middelburg

Dames Span/Girls Team

Gert Sibande Streek: Naaswenners

(Afrigters: Gert Pretorius & Rochelle Vermaak)

Krieketakademie/Cricket Academy

Die Krieketakademie onder leiding van Gerrit Beydenbach en Corrie Swart het 25 Ligbron leerders en 5 laerskool leerders deur die jaar afgerig.  Al die ondergenoemde  provinsiale spelers is ook deel van die akademie

The Cricket Academy directed by Gerrit Beydenbach and Corrie Swart has 25 Ligbron learners and 5 Primary School students who trained this year. All of the following provincial players are also part of the Academy:

 

Provinsiale spelers/Provincial Players

Dogters 0/19 / Girls U/19

– Drew-Anne Duggan (Mpumalanga 0/19)

Seuns 0/19 / Boys U/19

– Berno van Niekerk ( SA 0/19 Bokkies)

– Gerhard v Zyl (SA 0/19  Bokkies)

Seuns 0/15 / Boys U/15

-Ebrahim Timol (Mpumalanga 0/15 A)

Toekennings / Awards

Beste 1e Span Speler / Best 1st Team player:  JP Labuschagne

Beste 0/15 Speler: / Best U/15 Player : Willie Beck

Beste 0/14 Speler / Best U/14 Player : Mark Niebuhr

 

Algemeen / General

Soos die verslag toon het ons ‘n geseënde seisoen beleef met baie toegewyde, passievolle afrigters en spelers. Al ons afrigters het ook weer die vlak een skeidsregters eksamen geslaag. Aangesien daar planne vir verandering in ons sportterrein is, is geen verbeteringe aan die fasiliteite gemaak of met die klubhuis begin nie.

Andre Louw sal die nuwe 2016 Krieket Organiseerder wees.

As the report shows, we had a blessed Season with many dedicated, passionate coaches and players. All our coaches have again passed the level one referees examination. Due to plans for change in our sports grounds, no improvements to the facilities were made nor any clubhouse upgrades were made.

Mr. Andre Louw will be the new 2016 Cricket Organizer

2014

 

 5 Boys- and 1 Girls Team (Total 81 Players) 

Mpumalanga League
1st Team Winners
Gert Sibande Region
2nd Team Winners
U/14 – 2nd
U/15 – 2nd
 
Mpumalanga Girls Squad
Drew-Ann Duggan
 
SPECIAL AWARDS

 

Best Emerging Girls Cricket Player: Stephanie Krause

Most Valuable U/14 Cricket Player of the year: Willie Beck

Most Valuable U/15 Cricket Player of the year: Stephen Horn

Best Senior Cricket Player: Neels Visser

Best Senior Girls Cricket Player: Drew-Ann Duggan

 

 

2013 YEAR REVIEW

 

 

 Leagues:

Mpumalanga limited overs

Mpumalanga 20/20

Internal 6 a-side

Acadamy games

 

District winners:

1st Team 

1st Girls Team

2nd Team

 

Provincial winner

1st Team

 

District team:

Johan Theron

Sascia de Beer

 

Bokkie Team  U/19:

Henré Naudé

Marcel Wallace

F.J Kriek

 

S.A.Bokkie Team U/19:

Carl Jacobsz

 Berno van Niekerk

Norman Bibbey

 

Provincial team

Sascia de Beer

 

100’s:

Carl Jacobsz  108* , 100

Marcelle Wallace  162*

Arno Broodryk  146

5 Wicket hauls

Christoff Kalp    5 w / 19 runs / 9 o

Henré Naudé    5 w / 54runs / 10 o ,    5 w / 27 runs / 10 o

Kyle Hatherell   7 w / 30 runs / 8 o

Estiaan Smit      7 w/ 30 runs/ 8 o

Hattrick

Estiaan Smit

 

SPECIAL AWARDS

Best Upcoming Girls Cricket Player: Drew Ann Duggan

Most Valuable U/14 Cricket Player of the year: Estiaan Smit

Most Valuable U/15 Cricket Player of the year: Jan Naudé

Best Senior Cricket Player: Carl Jacobz

Best Senior Girls Cricket Player: Saskia de Beer

 

A great honor was bestowed on the Liggies when former-Liggie Lizelle Lee were selected for the Protea Team

 

 

2012 YEAR REVIEW

Ligbron participated in the Mpumalanga B-Super League with the 1st & U/15 Teams. Both teams ended 4th (Out of 6 Schools)

Ligbron participated in the Gert Sibande League with the 2nd & U/14 Teams. Both teams ended 3rd (Out of 6 Schools)

The Girls 1st Team ended 2nd in the Gert Sibande Region

The following players were included in:

Gert Sibande Teams

U/17:  Marcelle Wallace & Johann Theron (Gr 11)

Senior: Nerine O’Neill & Saskia de Beer (Gr 11), Cassie da Silva (Gr 10)

 

Mpumalanga Bokkies U/19:

 

Christoff Kalp, Henré Naudé, Arno Broodryk  (gr.11)

Norman Bibbey, FJ Kriek  (gr.10)

Henri Gerber  (gr.9)

 

SA Bokkies U/19

 

Carl Jacobz  (gr.10)

Berno van Niekerk  (gr.9)

Cricket players had the following opportunities during this year:

First Quarter – Super Six

3rd Quarter – Toured to Sundown Ranch

20/20 League Matches

20/20 Internal Series

Best Upcoming Girls Cricket Player: Saskia de Beer

Most Valuable U/14 Cricket Player of the year: Ellwyn Thomas

Most Valuable U/15 Cricket Player of the year: Henry Gerber

Most Valueble Snr Cricket Player: Johann Theron

 

2011

Super 6 finale:

Centurions 2011 Champions

Most Valuable U/15 Cricket Player of the year: Cameron van Kooten

Most Valuable U/14 Cricket Player of the year: Berno van Niekerk

Statistically the Best Cricket Player: Rialda Jacobsz

Senior Cricketer of the Year: Arno Broodryk

 

CRICKET SA LEVEL II QUALIFICATION

Our coaches, Corrie Swart, Andre Louw, Pierre van Wyngaardt and Gert Pretorius  attained the Cricket South Africa Level II coaching qualification

                

 

 

 

 

 

 

Ligbron
  • Home
  • News
  • Events
  • About us
  • E-Learning Project
  • Leading in Technology
  • Tuition fees
  • Book store
  • Bus routes
  • Personnel

Contact us

  • Voortrekker Street, Ermelo, 2350.

  • Telephone+27(17) 811 5906

© LIGBRON, ALL RIGHTS RESERVED

Follow us