Nuwe personeel sluit by die Ligbron-wenspan aan

 

 

Ligbron Akademie vir Tegnologie verwelkom graag die volgende 8 personeellede wat by die Ligbron-span aansluit.  Dit is vir die Liggies ‘n groot eer en voorreg om sulke dinamiese onderwysers by die skool te verwelkom.  Ons sien uit na ‘n wonderlike jaar saam met elkeen en ons wense is dat julle van krag tot krag saam met ons sal groei om elke leerders te help om hulle doelwitte te bereik.  Die nuwe personeel wat by die Liggie personeelkorps aangesluit het staan (v.l.n.r.): Christiaan van Greunen (Elektronika), Carinche Pretorius (Geografie), Yolandi du Toit (Boekwinkel), Erika Brand (Geografie), Annelize Nel (Wiskunde), Marisca Stander (Sportkantoor), Gerhard Eberson (Motor) en Saretha Ferns (Jeugwerker).

Blog Attachment