Ligbron word vereer tydens Gert Sibande Streek Prysuitdelingsfunksie

Tydens die Gert Sibande Streek Prysuitdelingsfunksie het Ligbron Akademie vir Tegnologie se Wiskunde onderwysers weereens die toekenning ontvang vir die Beste Onderwysers in die “big enrolment subjects”.  Ligbron se Wiskundedepartement het vir die sestiende agtereenvolgende jaar 100% slaagsyfer, met ‘n gemiddeld van 67% en 15 onderskeidings.  85% van die Liggies het geslaag met ‘n punt bo 50%.  Ligbron het ook ‘n trofee gekry vir die skool se derde agtereenvolgend jaar se goeie matriekuitslae met 99%, 100% en 98,6%.  Hierdie is beslis prestasies waarop Ligbron baie trots is.  Ligbron bedank ook elke onderwyser wat daartoe bygedra het om hierdie prestasies moontlik te maak.

 

Me. Lenie van Zyl (Adjunkhoof Akademie) en mnr. Gerhard Brand (skoolhoof) met die pragtige glas trofee wat die Liggies ontvang het vir die skool se derde agtereenvolgend jaar se goeie matriekuitslae.

Me. Rousille Coetzee, me. Elsa van Zyl en me. Lenie van Zyl wat die toekenning ontvang het vir die beste onderwysers in Wiskunde, tydens die onlangse Gert Sibande Streek Prysuitdeling.

Blog Attachment