Die klas van 2019 skitter

Die klas van 2019 skitter

 

Ligbron is besonders trots op die Graad 12’s van 2019 se uitslae.  Met ‘n slaagsyfer van 98.6 % het Ligbron,naas Ermelo Combined, die beste slaagsyfer in die streek.

Die Liggies verwerf 147 onderskeidings en 131 B-simbole.  68% van die leerders slaag met ‘n Baccalareus vrystelling.  Vir die 16de agtereenvolgende jaar is daar ook geen druipeling in Wiskunde nie.

Wiskunde en Wetenskap presteer soos gewoonlik uitstaande – 15 Liggies behaal hul onderskeiding in Wiskunde en 13 in Wetenskap.

Simone Stapelberg staan uit met haar  7 A’s en ‘n gemiddeld van 89.9 %

Afrikaans HT 83 %

Eng FAL  86 %

Wiskunde 91 %

LO 94 %

Rekeningkunde 89 %

Lewenswetenskappe 92 %

Fisiese Wetenskap 94 %

Admaths  78 %

 

Twee leerders, Renate Krause en Hloni Sibeko verwerf 6 onderskeidings.

Musa Dlamini, Boitu Mathabatha, Lian Fourie en Wian Roets verwerf 5 onderskeidings

Aldo Myburgh, Petru Zeelie, Charl du Toit en Rizqah Tayob verwerf 4 onderskeidings elk.

Blog Attachment