Van Liggie-wurm na ware Liggie wees

Donderdagaand, 6 Februarie, was ‘n opwindende aand vir die Graad 8 leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie, toe hulle amptelik gedurende die Kers Aansteek Seremonie, as ware Liggies in die skool verwelkom is.  Elke Graad 8 se “liggie” is deur ‘n VLR-lid aangesteek as simbool dat hulle nou deel is van die Liggie-groep.  Aan die einde van hul Graad 12 jaar word hulle “liggies” weer gedoof wanneer hulle met die lig van die lewe die grootmenswêreld ingestuur word.  Hierdie is ‘n besondere spesiale geleentheid vir die Graad 8 leerders, sowel as hulle ouers.  Ligbron is trots op elke Graad 8 wat vanjaar by die skool aangesluit het en ons weet dat hulle Ligbron se naam altyd hoog sal hou, waar ook al hulle sou gaan.

Blog Attachment