Mnr. Brand se Liggie word amptelik aangesteek

Mnr. Gerhard Brand, nuwe skoolhoof van Ligbron Akademie vir Tegnologie is op Woensdagoggend, 15 Januarie, op die Liggie-manier by die skool verwelkom.  Leerders het ‘n erewag vanaf die voorportaal tot by die saal gestaan, waardeur mnr. en mev. Brand gestap het, en met ‘n juigende toejuig deur die Liggies verwelkom is.  Tydens die saalopening is mnr. Brand se kers by Ligbron ook deur oud hoof, mnr. Dup van Rensburg aangesteek, waarna hy sy blou baadjie ontvang het.
Ligbron is saam met u opgewonde vir die nuwe era waarin die Liggies saam met u sal beweeg.

Blog Attachment