Inperking nie ‘n probleem vir Ligbron leerders en onderwysers nie

Met die aankondiging van die inperking asook die verlenging daarvan, het Ligbron Akademie vir Tegnologie reeds verskeie planne in plek gestel om leerlinge te onderrig en ondersteun met skoolwerk tydens hierdie tyd.

 

Ligbron se personeel is in staat gestel om vanaf hulle huise klasse vir leerders aan te bied.

Huidiglik is daar ’n oorvloed van maniere om afstandonderrig te doen maar is persoonlike kontak nogsteeds die mees effektiefste al vind dit plaas deur middel van video- en audio klasse.  Ligbron het verskeie opsies beskikbaar gestel, sodat elke ouer en kind kan besluit waar dit vir hulle finansieel die beste sal wees. Innoverende denke en werkswyses is nog altyd Ligbron se visie en as as gevolg van Ligbron se gevorderde tegnologie netwerk in die skool, asook die landswye e-Learning netwerk, kon ons binne dae oorskakel na verskeie aanlyn platvorms.

 

Departement van Basies Onderwys het Ligbron genader om hulp om hulle e-hulpbronne beskikbaar te stel en word van die materiaal huidiglik op verskeie opvoedkundige TV kanale uitgesaai.

Mpumalanga Departement van Onderwys werk ook saam met Ligbron om e-hulpbronne te versprei en beskikbaar te stel aan alle leerders.

 

Ligbron se onderwysers ondersteun leerders deur middel van die volgende vyf verskillende platvorms:

 

  1. “Live streaming” – Videokonferensie lesse word deur tien onderwysers aangebied. Gr.11 en 12 vakke soos Wiskunde, Wetenskap, Afrikaans, Engels, Tegniese Wiskunde, Tegniese wetenskap, Biologie en ook tegniese vakke word Maandae tot Vrydae tussen 9vm tot 5nm aangebied.

Ligbron leerders skakel in na hulle aanlyn klaskamers en die onderwysers en leerlinge kan mekaar sien en hoor en word daar soos ouds interaktief gekommunikeer deur middel van vrae en besprekings.

  1. “Ligbron Online School” Elke les wat lewendig gebeeldsaai word, word terselfdertyd opgeneem en aan die einde van die les na ’n aanlyn platvorm gestuur waar leerlinge weer na die les kan gaan kyk. Onderwysers maak ook hulle eie video’s om op die platvorm vir hersiening lesse op te laai.
  2. Leerderbestuurstelsel (LBS/LMS): Elke onderwyser het sy klas op ’n leerderbestuurstelsel opgestel waar hulle huiswerk, toetse en materiaal vir die leerders laai. Leerders handig dit dan aanlyn in.
  3. Onderwyser aanlyn Data-sentrum: Ligbron het ’n data sentrum by die skool waar die verskillende

departemente hulle eie dokumente stoor en vanwaar onderwysers hulle lesse en voorbereiding doen.

  1. Gemeenskapskole uitreik program: In samewerking met groot maatskappye asook verskeie myn groepe en die Mpumalanga Departement van Onderwys, het Ligbron aangebied om Gr.11 en 12 Wiskunde en Wetenskap aanlyn lesse aan te bied in Engels vir die 92 e-Learning skole wat deel vorm van die Ligbron e-Learning projek. Leerlinge wat deel is van hierdie projek skakel in na Wiskunde en wetenskap lesse wat plaasvind tussen Maandae en Vrydae vanaf 10vm tot 3nm. Meer as 300 leerlinge regoor die land skakel daagliks op hierdie aanlynskool in.

 

Met die vraag wat is Ligbron se grootste bekommernis in hierdie tyd, het mnr. Brand die volgende geantwoord: “Ligbron se grootste bekommernis in hierdie tyd is die Liggies se gesondheid en welstand, asook die uitdagings van onderskeie huishoudings in die gemeenskap tydens hierdie onseker tyd.  Ligbron se boodskap aan die Liggies gedurende hierdie tyd is om jou vertroue op die Hemelse Vader te plaas en weet  vir hom/haar wat die Here lief het, sal alles ten goede meewerk.”  Doen jou bes, en alles sal in plek val.”