Een Puma wenner en een Puma naaswenner vir 2019

42667496_2185994515014839_2815132092210348032_o

Ligbron se tweedes kom teen Kanonkop te staan in die Mpumalanga finaal. Ligbron wen die loot en neem eerste die kolf op. Charl du Toit (45), Wynand Beck( 24) en Anrico Wolmarans ( 20) staan uit met die kolf. Die Liggies teken 140/10 in 19.1 beurte aan en stuur Kanonkop in om te kolf. Die Liggie-boulers soos: Charl du Toit en Mark Niebuhr (3 paaltjies elk ) beperk die opponente tot 116 lopies en Ligbron wen die finaal met 24 lopies.

Die o/15 A-span en Bergvlam neem die kolf teen mekaar op in die Mpumalanga finaal. Bergvlam kolf eerste en teken ‘n stewige 321 in 42 beurte aan. Dries Odendaal kook met sy boulwerk en neem 5 paaltjies vir 65 lopies in 10 beurte.
Ligbron moet dié reuse telling jaag en die Liggie-kolwers werp alles in die stryd:
Wynand Moolman (45), Diean Swart (28) en J.P Labuschagne (124) vestig ‘n stewige fondasie en Ligbron teken 312 in 50 beurte aan. Ligbron is dus Mpumalanga naaswenners nadat hulle die wedstryd met 8 lopies verloor.
‘n Verstommende 633 lopies is deur die twee spanne aangeteken – dis mos ‘n finaal.