Ligbron aangewys as die skool met die beste akademiese prestasies in die Gert Sibande Distrik.

DSC_0068

Tydens die onlangse Gert Sibande Streek Prysuitdelingsfunksie wat op Vrydag, 18 Januarie, plaasgevind het is Ligbron Akademie vir Tegnologie aangewys as die skool met die beste Akademiese prestasies in die Gert Sibande Distrik.  Me. Lenie van Zyl en me. Elsa van Zyl het die toekenning ontvang vir die beste Wiskunde onderwysers in die streek.  Verder spog Ligbron ook met die volgende toekennings: Mandisa Motha, Ligbron se hoofdogter van 2018 is aangewys as die beste leerder in Besigheidstudies met ‘n punt van 282 uit 300.  Mandisa is ook onder die top 10 beste presteerders van Gert Sibande.  Nog ‘n Liggie, Edward Jacobs, is aangewys as die beste Wiskunde leerder wat spog met ‘n punt van 288 uit 300 vir die onlangse eindeksamen.