Tweede krieketspan is Gert Sibande wenners

42667496_2185994515014839_2815132092210348032_o

Die Liggies speel Dinsdag teen E.H.S in die aanloop tot die Gert Sibande finaal.
Ligbron kolf eerste en maak 146/8 in 20 boulbeurte
Louwrens Nolte slaan 52 lopies van 32 balle (nie uit nie)
Hendrico Jooste slaan 35 lopies van 25 balle
EHS neem die kolf op en Ligbron boul hulle uit vir 102 lopies na 15 boulbeurte.
Beste bouler:
Hendrico Jooste 3.5 boulbeurte. 19 lopies. 4 paaltjies

Die span kom te staan teen Standerton in die finaal. Ligbron wen die loot en kies om eerste te kolf.
Na 20 beurte het die Liggies 131 geslaan vir 8 paaltjies plat.
Standerton word ingestuur om te kolf.
Die bouler van die wedstryd is Pierre van Zyl met 4 paaltjies vir 29 lopies.
Nardus Prinsloo is die kolwer van die wedstryd met 38 lopies van 38 balle.

Ligbron wen die wedstryd met 9 paaltjies