Krieketnuus

41930292_2180674592213498_7545621832372584448_n

Ligbron het omtrent opslae gemaak op die krieketveld die afgelope naweek.
Die 0/15 A-span speel teen Lydenburg en die Liggies slaan ‘n allemintige 377/9 in 50 beurte.
Sias Jacobs blink uit met die kolf en teken 120 lopies aan.
Lydenburg slaag slegs daarin om 78 lopies op die bord te sit voordat hulle in die 19.2 de beurt uitgeboul word.
J.P Austin : 3/11/3
Wynand Moolman: 3/34/6
Ligbron wen met 299 lopies.

Die eerste seunspan speel tuis teen Generaal Hertzog. Die Liggies wen die loot en kolf eerste. Ruben Herbst slaan 144 lopies en Charl du Toit 112. Mark Niebuhr teken 69 lopies aan van 27 balle.
Ligbron se telling is : 395/2/50
Die Liggies boul HGH in die 11.4 de beurt uit vir 56 lopies.
Mark Niebuhr: 6/15/5
Levuna Khubeka: 3/29/5.4
Ligbron wen met 339 lopies.