Radikale Fees Kompetisie

40322984_2169697853311172_7289316935974518784_o

Ligbron het vanjaar ‘n totaal van 54 items ingeskryf vir die Radikale Fees Kompetisie. Die Radikale Fees se items sluit in lees, drama, voordrag en redenaars.
17 van hierdie items het deurgedring na die Nasionale finaal.
Die finaal sal op 18 Oktober plaasvind.

Die Liggies wat deurdring na die Radikale Nasionale Finaal staan voor (v.l.n.r.): Nicole Rodriques, Bianca Canada, Hannah Peer, Shraddha Agre, Lelani Davel, Amor van der Walt, Mohamed Ganie, Cara Bruwer, Leri-Gene Nel en Selaelo Phosa. In die middel staan (v.l.n.r.): Prajna Bhika, Simone Stapelberg, Ammarah Arbee, Marezel Kriek, Michelle Potgieter, Conrad Viljoen, Megen Enslin en Schoeman Terblanche. Agter staan (v.l.n.r.): Lian Fourie, Wihan Roets, Daniel Korff.
(Marius Ferreira (Gr 12) was besig met rekord eksamen met die neem van die foto.)