Krieketnuus

39118138_2155756074705350_7833887268342333440_o

Die Liggies se 0/14-span het teen Hoogenhout te staan gekom en die wedstryd met 8 paaltjies gewen.
Hoogenhout teken 116/10 aan in 17.3 beurte en Ligbron gaan die telling verby in die 11de beurt met slegs twee paaltjies plat.
Dries Odendaal behaal die uitsonderlike prestasie om 5 paaltjies in slegs 4 beurte te neem.
Weldom Strydom slaan 68 van 44 balle. Baie geluk aan die span.

Die eerstespan (seuns) neem die kolf op teen Secunda en teken 238/9 in 50 beurte aan. M.J Myburgh teken 53 lopies aan en W.J Vorster 49 (n.u.n)
Secunda gaan die telling verby in die 42ste beurt met 4 paaltjies plat.
Ruben Herbst: 10/29/0 en Mark Niebuhr: 9/33/2 staan uit as boulers.

Die dogters eerste- en tweede krieketspanne het gedurende verlede week onderskeidelik teen Hoërskool Secunda en Hoërskool Piet Retief gespeel. Die eerstespan het in Secunda gaan speel en was ingestuur om eerste te kolf. Die Liggies teken 167 lopies vir die verlies van 7 paaltjies aan. Secunda gaan die telling in die 15de boulbeurt verby en wen die wedstryd met 5 paaltjies.
Die tweedespan het tuis teen Piet Retief se eerstespan te staan gekom. Piet Retief neem eerste die kolf op en teken 278 lopies in 20 boulbeurte vir die verlies van 4 paaltjies aan. Ligbron neem die kolf op rn teken 37 lopies in 8 boulbeurte almal uit aan en verloor dus die wedstryd