Liggies presteer tydens 1ste Prysskiet

28238463_2038481213099504_6005014838518511074_o

Verskeie skuts van Ligbron het gedurende die 1ste Mpumalanga Prysskiet-kompetisie goeie prestasies opgelewer. In die o/16 -ouderdomsgroep het ‘n totaal van 68 skuts deelgeneem en die Liggies se o/16’s het die volgende plekke behaal: Hanro van der Spuy (14de) met 1322 punte, Sumé Snyman (17de) met 1307 punte, Sophia Giliomee (19de) met 1286 punte, Drean van Breda (20ste) met 1284 punte, Gerhard Botma (22ste) met 1252 punte, Franco van Dijk (23ste) met 1247 punte, Ernst Botha (37ste) met 1142 punte en Jonardo van Dyk (41ste) met 1112 punte.
In die o/21-afdeling het 46 skuts deelgeneem en Ligbron se uitslae is soos volg: Charles Giliomee (6de) met 1397 punte en Jan Schoonraad (19de) met 1332 punte.
Baie geluk aan hierdie skuts met hulle pragtige tellings.