Krieket

Pro 20

Die Liggies se eerste krieketspan het op Woensdag, 7 Februarie, teen Beacon College van Malelane ‘n Pro 20- krieketwedstryd op Ligbron se tuisveld gespeel. Ligbron het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Die Liggies het goeie boulwerk opgelewer met Ebrahim Timol wat 3 paaltjies vir die verlies van geen lopies in 2 boulbeurte geneem het en Mark Niebuhr wat 3 paaltjies vir 7 lopies in 3 boulbeurte geneem het. Hierdie goeie boulwerk het Beacon College beperk het tot slegs 41 lopies. Ligbron se kolwers het Beacon College se telling in die 6de boulbeurt verby gegaan. Hanco Bakker het 16 lopies (nie uit nie) aangeteken , Hendrico Jooste het 6 lopies (nie uit nie) aangeteken en Ruben Herbst 11 lopies.
Ligbron wen die wedstryd met 9 paaltjies.