Liggies se wiskunde is definitief bobaas

20776839_1949859868628306_3917744054073453485_o

Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-Onderwys gee jaarliks toekennings vir die top 20 Afrikaanse of Afrikaans dubbelmedium skole in Suid-Afrika.
Daar is ‘n totaal van 721 skole.
Die enigste kriteria is die aantal onderskeidings wat ‘n skool verwerf het.
Slegs drie provinsies het dit reggekry om hierdie prestasie te behaal. nl. Wes-Kaap (10 skole), Gauteng (10 skole) en Mpumalanga (2 skole). In totaal is daar dus 22 skole waarvan die laaste 4 gelyk geplaas is met 26 onderskeidings.
Slegs Ligbron Akademie vir Tegnologie (algeheel 17de|) en Hoërskool Nelspruit (algeheel 20ste) van Mpumalanga het hierdie prestasie behaal.
Die meeste van hierdie skole is Makro-skole met meer as ‘n duisend leerders, soos Waterkloof met 1800 leerders en Hoërskool Zwartkop met 1636 leerders, sowel as meer as 300 matriek-leerders wat Wiskunde geneem het.
Ligbron het 29 onderskeidings vir ons 85 matrieks wat Wiskunde geneem het as ‘n vak. Dit beteken dat 34.1% van die matrieks wat Wiskunde in 2016 geneem het, hul Wiskunde met ‘n onderskeiding geslaag het.
Indien al hierdie skole se persentasie onderskeidings bepaal word, is Ligbron verseker onder die top 5 skole in die land. Die Hoër Meisieskool Bloemhof in die Wes-Kaap is eerste met 38%. Paul Roos Gimnasium in die Wes-Kaap wat 74 onderskeidings uit hulle moontlike 220 Wiskunde matriek-leerders behaal het, se persentasie onderskeidings is 33.5%. Die twee matriek-onderwyseresse van Ligbron het gesamentlik meer as 60 jaar ervaring in Wiskunde onderrig. Hulle glo ook sulke uitslae is slegs moontlik as daar uitstekende onderrig vanaf graad 8 plaasvind. Mee. Lenie van Zyl, Elsa van Zyl en Frankie Kirk is ook betrokke by die E-Learning uitsaai-lesse van Wiskunde en Wiskunde Geletterdheid na 48 skole in Mpumalanga en ander provinsies