Ruiterkuns

17190486_1871616656452628_7597873081806154582_n

Die Liggie ruiters het tydens die skou deelgeneem aan die WMG Q2- kompetisie.

Dit het sommer baie goed gegaan met van die ruiters:
Megan Lourens en Scooby Doo Too is aangewys as die Hoërskole Vlak 7 kampioen en Ope Vlak 3 reserwe kampioen.
Megan ryg twee 1ste plekke, twee 2de plekke en ‘n derde plek in.
Charlene Roos, met Patch, het in die die Dreseer-klas ‘n vierde plek in die handklas merries oor vier jaar gekry asook ‘n vierde plek in die veelsydigste ryperd-klas.
Charlene behaal ook ‘n vyfde plek in die plesierperd klas met Rustep Uysman. In die Western Games behaal sy ‘n tweede plek in vlak 2 in die hurry scurry.
Carlé Bezuidenhout, op Candyman, behaal ‘n 1ste plek in die 0/19 plesierperd-klas asook ‘n 1ste plek in die driegang ryperd klas. Sy word ook aangewys as die Junior ruiter 0/19 kampioen. Carlé behaal ook twee 3de plekke in die klasse vir driegang reuns oop ouderdom ,sowel as merrie vir teel op driegang.
Liane Hattingh word aangewys as Kampioen kinderruiter 0/14 op Disselboom Faruq, reserwe kampioen vir driegang kinderryperd 0/14 en behaal ook ‘n derde plek in Plesierperd Jnr 0/19.
Jolanda du Plessis, op Geronemo, behaal twee derde plekke in Junior ruiter 0/19 sowel as driegang ryperd 0/19.