Ligbron en Old Mutual Rugby Legends Aand

DSC_0603

Die gehoor het ‘n heerlike ontspanne aand geniet in die geselskap van Arnold Geerdts, Danie Gerber en Bakkies Botha.
Danie en Bakkies het almal laat skaterlag met hul staaltjies en herinneringe uit hul rugbydae.
Hulle het ook waardevolle raad aan die Eerstespan oefengroep gegee en die middag ‘n oefensessie met hul op die rugbyveld gehad.
Mnr. Andrew Els en mnr. Theo Bleeker is ook deur die twee legendes “gecap” as nuwe 1ste span afrigters.
So ‘n aand kan ook nie plaasvind sonder die ondersteuning van borge nie – baie dankie aan Old Mutual vir julle belegging in die jeug.