Ruiterkuns

14725756_1793893280891633_6171212430340036637_n-1

Die SANESA (SA Skole) en SAWMGA (Ope) Western Mounted Games en SANESA “Core League” Nasionale Kampioenskappe is te Misty Meadows in Rayton gedurende die Oktober skoolvakansie gehou.
Megan Lourens en Falcon het deelgeneem aan die SANESA en SAWMGA Nasionale Kampioenskappe vanaf 30 Sep – 2 Oktober, en het ‘n uitmuntende vertoning gelewer. Megan en Falcon kom algeheel 8ste uit 24 ruiters, die room van regoor die land, met 3x 4de en 1x 5de plek. Megan se Mpumalanga vlak 4 Hoërskole A span van 3 ruiters eindig as Nasionale Reserwe Kampioene vir 2016! Megan en Falcon eindig ook 20ste uit 62 ope vlak 2 ruiters uit 9 provinsies en haar Mpumalanga vlak 2 ope A span van 10 ruiters is aangewys as Nasionale Kampioene vir 2016!
Carla Barnard, Carlè Bezuidenhout en Megan Lourens neem deel aan die SANESA “Core League” Nasionale Kampioenskappe vanaf 6 – 8 Oktober. Carla op Trevan Applause is aangewys as die 90cm “Competition” springklas Nasionale Hoërskole Kampioen en behaal ‘n 10de plek in haar 90cm “2 Phase” springklas uit 47 ruiters. Megan op Falcon eindig 34ste uit 54 ruiters in haar 70cm “Ideal Time” springklas en Carlè op Vyfhoek Candyman eindig 3de uit 54 ruiters in haar dresseerklas en 8ste uit 16 ruiters in haar “In hand Utility” klas, met Sultan eindig sy 29ste uit 34 ruiters in haar “Equitation” klas.

 

14642178_1793893290891632_6238338180599521561_n 14731158_1793893214224973_273586858932133677_n

Blog Attachment