Golf

Chanté Boonstra het die afgelope skoolvakansie vanaf 3 tot 7 Oktober, aan ‘n gholftoernooi deelgeneem wat by Umhlali Gholfklub in Ballito plaasgevind het. Chanté was deel van die Senior Dames Interprovinsiale-span (IPT), waarvan sy ook die kaptein was. Hierdie span het aan die B2-afdeling deelgeneem en het vir die eerste keer in die afgelope vier jaar, vandat Chanté aan hierdie toernooi deelneem, hulle afdeling gewen.