Ligbron tweedes klop EHS met 5 paaltjies

tweede-span

Die Liggies se tweede krieketspan het Saterdag teen Hoërskool Ermelo op EHS se tuisveld gespeel. EHS het eerste ingegaan om te kolf en het 164 lopies (almal uit) na 26.1 boulbeurte aangeteken. Rassie Roux het uitstekende boulwerk gelewer met 5 paaltjies vir 13 lopies in 8 boulbeurte. Die Liggies het daarna die kolf opgeneem en met ‘n goeie vennootskap van Jan Bosman en Willie Beck het hulle 46 lopies tussen hulle aangeteken. Die Liggies het EHS se telling in 24.2 boulbeurte verbygegaan met ‘n verlies van 5 paaltjies.

Die beste kolwers was Willie Beck met 36 lopies, Conrad Dinkelmann met 28 lopies en Stefan Horn met 28 lopies (nie uit nie).
Ligbron het EHS met 5 paaltjies geklop