Krieket

krieket1

Ligbron se eerste krieketspan het die afgelope naweek in Bethal teen Hoërskool Hoogenhout in die Gert Sibande Semifinaal te staan gekom.
Hoogenhout het eerste die kolf opgeneem en is almal uitgeboul vir 156 lopies in 38 boulbeurte.
Gerhard van Zyl was die beste bouler met met 2 paaltjies vir 17 lopies in 5 boulbeurte. Ligbron het ingegaan om te kolf en het 136 lopies (almal uit) in 39.5 boulbeurte. Gerhard van Zyl het 24 lopies (nie uit nie) aangeteken. Die Liggies het die wedstryd met 20 lopies verloor.

van-zyl-gr12a_gerhardus
Die tweedespan het op Ligbron se tuisveld teen Hoërskool Piet Retief gespeel. Die Liggies het Piet Retief almal uit geboul vir 74 lopies.
Willie Beck was die beste bouler met 4 paaltjies vir 14 lopies. Ligbron het die kolf opgeneem en het Piet Retief se telling in die 13de boulbeurt verby gegaan met slegs 1 paaltjie plat.
Willie was ook die beste kolwer met 25 lopies (nie uit nie). Die tweedes het hierdie wedstryd met 9 paaltjies gewen. Hulle sal op Saterdag, 24 September, teen Hoërskool Ermelo op EHS se velde te staan kom.

beck-gr10b_willem
Die o/15A-span se wedstryd teen Hoërskool Standerton het uitgereën en sal eerskomende Donderdag, 22 September, mekaar op Ligbron se velde die stryd aansê.