Krieket: Tweedespan

horn-gr11c_stefanus

Die tweedespan het op Saterdag 10 September, op Ligbron se velde teen Hoërskool Oosterland te staan gekom. Ligbron het eerste die kolf opgeneem en het 200 lopies (almal uit) aangeteken. Die kolwer wat uitgeblink het, was Stefan Horn met sy 74 lopies. Oosterland het ingegaan om te kolf en kon slegs 118 lopies aanteken voordat al hulle paaltjies gekantel het. Die tweedes het hulle wedstryd met 82 lopies gewen. Die span sal op Saterdag, 17 September, tuis teen Hoërskool Piet Retief speel.