1ste span krieket

bakker-gr10b_hanco

Die 1ste span het Saterdag teen H/S Evander te staan gekom. Uitstekende boulwerk deur die Liggies beperk Evander tot slegs 82 lopies (almal uit) in 27.1 boulbeurte. Ligbron gaan die telling verby in die 16de boulbeurt met slegs 2 paaltjies plat.
Hanco Bakker teken die meeste lopies aan, 34 (n.u.n)
Die Liggies dring deur na die Gert Sibande semi finaal wat op Saterdag 17 September teen Hoogenhout in Bethal sal plaasvind.