Krieket

14188600_1771961143084847_4417821673996003225_o

0/15 A- span tuis teen Hoogenhout 0/15A

Ligbron wen die loot en besluit om 1e te kolf. Charl du Toit(43) en Aldo Myburgh(40)kry ons kolfbeurt goed op dreef deur hul openingsvenootskap van 96 lopies. Dian Bakker teken n vinnige 21 lopies aan met Ruben Herbst wat hom ondersteun en self 54 baie goeie lopies aanteken. Ons verloor ons 3e paaltjie op 145. Mark Niebuhr(35) en Hendrico Jooste(36) neem ons telling na 287 vir 6 en ons eindig ons 50bb’e op 309 vir die verlies van 8 paaltjies.
Na ‘n lekker middagete in ons koshuis neem Ligbron die veld en Hoogehout is gou in die moeilikheid toe hul, hul 1e paaltjie met slegs 8 lopies op die telbord verloor. Hulle skop vas en verloor hul 3e paaltjie met hul telling op 116. Danie Coetzer teken ‘n vinnige 94 lopies aan voordat Lance Smith hom self vang en boul. Hierna val hul paaltjies met reelmaat weens uitmuntende boulwerk van Ruben Herbst wat in 5 boulbeurte 5 paaltjies neem vir slegs 15 lopies wat ook n driekuns insluit. Zartius Swart benut 2 uitstekende vangkanse in die glippe en daarmee eindig Hoogenhout se kolfbeurt in 24,1 boulbeurte met hul telling op 157.
Ligbron wen met 152 lopies.

Blog Attachment