Twee Liggies gekies vir Mpumalanga Atletiekspan

44941767_2203738026573821_1238106829393756160_o

Verskeie Liggie-atlete het die afgelope naweek aan die JJJ Atletiekbyeenkoms deelgeneem wat in Witrivier plaasgevind het.
Sias Jacobs en Kwanele Nkambule, het besondere prestasies opgelewer en is ook na afloop van die byeenkoms gekies vir die Mpumalanga Atletiekspan wat Mpumalanga tydens die Sub-Youth Interprovinsiale Kampioenskappe sal verteenwoordig. Hierdie kampioenskappe sal op 24 November, by die PUK McArthur Stadion in Potchefstroom plaasvind.
Kwanele Nkabule het ‘n nuwe rekord opgestel deur sy 200m item in ‘n tyd van 22.25 te voltooi. Hy het 1009 ABSA punte verwerf. Sias Jacobs het ‘n afstand van 47.74 in sy diskus-item behaal en het 939 ABSA punte verwerf.

Leave us a Comment