Ruiterkuns

Megan Lourens

Megan Lourens en Scooby Doo Too het vanaf 29 September tot 1 Oktober aan die South African Western Mounted Games Nasionale Kampioenskap by die Afridome in Parys deelgeneem. Die top ruiters uit 9 provinsies, en 405 perde meet hulle kragte teen mekaar in 12 games om die beste ruiters landswyd te bepaal.
In skole verband vlak 5 is Megan se Mpumalanga A- span van 3 ruiters aangewys as die Hoërskole Nasionale Reserwe Kampioene. Megan en Scooby is as die Figure 8 Flags Hoërskole Nasionale Reserwe Kampioene aangewys, hulle behaal ook ‘n 3de plek met die Hurry Scurry.
In Ope verband in vlak 3 behaal Megan en Scooby ‘n 4de plek met Figure 8 Flags en met Hurry Scurry ‘n 6de plek uit ‘n groep van 90 ruiters.

Blog Attachment

Leave us a Comment